Bygewerk op 9 Mei 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 475

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

labirint s.nw. | labirinte |
1
(a) ingewikkelde figuur, ’n soort mandala, wat bestaan uit ’n pad, geteken of waarop ’n mens kan stap, wat verskeie kere om en verby die eindpunt kronkel voordat dit eindelik daardie eindpunt, gewoonlik in die middel, bereik: ’n Labirint is dikwels ’n hulpmiddel by meditasie. Wyle tannie Kitta [...] het ’n labirint gebou. As jy ’n bietjie kop wil skoonmaak en die spinnerakke binne jou skedel wil afstof, is ’n wandeling tussen die klipbane onder ’n duifeier-blou lug ’n ware “spring clean” vir die psige (Jacques Marais, Netwerk24, 26 Augustus 2022). Almal kan die spekboom-labirint van sowat 880 m stap, wat sowat ’n kwartier neem om te stap tot by die middelpunt. ’n Labirint verskil van ’n doolhof deurdat dit net een ingang en uitgang het en ’n mens kan dus nie verdwaal nie (Veronica Fourie, Netwerk24, 7 Julie 2022). ’n Labirint het net een pad na binne en weer na buite. Die vorm van die pad het ’n neurologiese uitwerking op die brein en bring helderheid en kalmte as jy dit stap. Baie mense stap die pad peinsend vir persoonlike groei en ontwikkeling. ’n Doolhoof se paaie is deurmekaar, moeilik om jou weg te vind, en brings angs en selfs paniek (Lynette Prozesky, FB, 12 September 2022).(ook figuurlik): Die labirint van ’n vrou se hart is ingewikkeld (PaarlPost, 12 Augustus 2022).SINONIEM(E): meditasielabirint (b) (kerkgeskiedenis) ingewikkelde geometriese patroon wat ’n simboliese voorstelling is van die moeilike weg na God, dikwels op die vloer of teen die muur van ’n kerk.SINONIEM(E): kerklabirint

2
(Griekse mitologie) struktuur of gebou met soveel kruisende gange en ineengeslote hoekies en kamers dat ’n mens maklik daarin verdwaal.(ook figuurlik): Is die lewe soos die Camino, ’n ellelange, uitmergelende soektog om ons pad te vind, stoksielalleen, deur ’n labirint of doolhof? (Netwerk24, 15 Augustus 2022). Dit help nie om toe-oë deur die labirint van die nuwe kuns te dwaal in die hoop dat ’n verblindende lig uit die niet sal verskyn om helderheid te bring nie (Die Burger, 14 Mei 1997).SINONIEM(E): doolhof

3
(figuurlik) ingewikkelde, verwarrende situasie of toestand: Is die betreklike jong politieke leier [...] dalk die man wat aan hulle rigting gaan gee uit die politieke labirint en leemte waarin hulle verkeer? (Beeld, 8 April 1997).

4
(anatomie) drie halfsirkelvormige buisies/kanale wat saam met die koglea/skulpbeen die binneoor vorm.


oorsprong:
doolhof: dool dwaal + hof tuin.


afleiding(s):
labirinties

Die Labirint

In Kreta was daar, volgens die Griekse mitologie, ’n gruwelike monster, die minotaurus, met die liggaam van ’n mens en die kop van ’n bul. Koning Minos van Kreta vra toe vir Daidalos, die beroemdste bouer en beeldhouer van sy tyd, om ’n plek te bou waarin hy die minotaurus kon hou. So bou Daidalos toe die Labirint, ’n doolhof met soveel kronkelende gange dat niemand wat daarin beland, weer hulle weg na buite kan vind nie. In die Labirint word die minotaurus opgesluit, maar in die Labirint word jaarliks steeds sewe jong mans en sewe jong maagde aan hom geoffer. Totdat die heldhaftige Theseus, wat een van sy slagoffers moes wees, die ondier in sy Labirint dood. Ariadne, die dogter van die koning, gee vooraf aan Theseus ’n tol gare. Met dié draad van Ariadne vind hy sy pad uit die doolhof terug.



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther